EVANGELISCHE-KIRCHE-BARBY.DE ≡ Levers Readers Gr 10-12 English Poultry Supplements & Treats Agricultural
  • Readers Gr 10-12 Afrikaans

  • SSS-omnibus 2 (Seesand,Spoke; Skaduwees; Soene)

SSS-omnibus 2 (Seesand,Spoke; Skaduwees; Soene)

$45.11 $54.13
Nog vier koshuisavonture in een boek! Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus: Seesand, sonbrille en smokkelaars Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son … en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie – iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland … Spoke, speurders en straatkafees Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop … Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg? Skaduwees, skatte en skelmstreke Die nuwe skooljaar skop op ’n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir ’n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee – ’n oop graf, en ’n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos? Soene, sonroom en seestrome Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie. ’n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland … Maar ten minste lê daar vir Lindie-hulle ’n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor. Mia speel in ’n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees – en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op ’n luukse boot in die son rondlê. Maar toe Mia per ongeluk met ’n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg. Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word …?
Readers Gr 10-12 Afrikaans

Readers Gr 10-12 Afrikaans

  • Lien se Langstaanskoene 9780624046684
    $90 $123.3
  • Minder as niks Irma Venter 9780624092292
    $49.34 $89.8
  • Aksieheld Austin (2): Nag van grille 9780799380804
    $54.63 $95.06
  • Poppie – Die Drama: Skooluitgawe
    $46.33 $76.91
  • Donker Web Fanie Viljoen – 9780624090465
    $40.93 $72.45
  • Om die Aarde Aan te Haal en Ander Gedigte 9780636184756
    $37.04 $44.45
  • Vlerke Vir Almal – 9780798174510
    $59.99 $97.78
  • Die Kind 9780636179394
    $67.5 $111.38
  • Veldiep (Fanie Viljoen)
    $45.96 $60.67
  • USED – Storiejoernaal
    $54 $75.6
  • Al wat ek weet
    $58.37 $94.56
  • Paljas (Skooluitgawe) 9780624046226
    $13.5 $26.06
  • Studiewerkgids: Vers en Vlam Graad 10 EAT (Poetry Anthology) 9781776070008
    $48.94 $92.5
  • Lien se lankstaanskoene
    $59.81 $98.69
  • Iewers vlieg daar fairy dust (Leesboek) – Marisa Haasbroek 9780799366624
    $38.72 $57.31
  • Verse in my Inboks: Graad 12 Afrikaans Huistaal 9781430737551
    $90 $153

© 2026 - EVANGELISCHE-KIRCHE-BARBY.DE